Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.
Beste Tweekampers
Ons is baie dankbaar dat ons weer die eerste byeenkoms kon aanbied in Langebaan op 16 Oktober. Oor die algemeen het dit goed afgeloop. Die nuwe ouderdomme veroorsaak nog so ‘n bietjie onsekerheid. Die korter afstande is oor die algemeen goed aanvaar en help beslis om die byeenkomste vinniger af te handel. Soos al voorheen deurgegee word byeenkomste beplan vir 13 November (Bonnievale) en 4 Desember. Die byeenkoms van 4 Desember sal nou by Hoërskool Paarl Gimnasium gehou word.
Daar is nou meer detail deurgegee waaraan skole moet voldoen met die aanbied van byeenkomste op hulle persele. Hierdie protokolle sal dan uiteraard streng nagekom moet word met toekomstige byeenkomste. Almal se begrip en samewerking sal baie waardeer word.
Tydens die laaste Tweekamp vergadering is daar besluit dat ons ook byeenkomste sal aanbied/bywoon in 2022 op die volgende datums:-
Om te kwalifiseer vir die span na Oudtshoorn moet ‘n “ou” deelnemer aan te minste 2 byeenkomste deelgeneem het - die byeenkoms wat in September deur WP aangebied was sal ook tel vir ‘n byeenkoms (by die byeenkoms het 27 Bolanders met magtiging deelgeneem). In geval van iemand wat nuut by Boland aansluit in 2022 sal so iemand ten minste aan die byeenkoms van 15 Januarie 2022 moet deelneem om oorweeg te word vir Oudtshoorn (wat uiteraard net moontlik sal wees indien die byeenkoms aangebied kan word).
Om te kwalifiseer vir die Boland span wat na die SA’s sal gaan moet ‘n “ou” deelnemer aan ten minste 3 byeenkomste deelgeneem het (waarvan Oudtshoorn een kan wees) asook die Boland Kampoenskppe (uiteraard net vir die ouderdomme waar daar meer as 5 deelnemers is wat aan die minimum vereistes voldoen). Vir nuwe deelnemers wat in 2022 aansluit sal dit 2 byeenkomste en die Boland Kampioenskappe wees. Indien van die beplande byeenkomste nie kan plaasvind nie dan kan die vereistes vir kwalifisering uiteraard ook verander.
Met die nuwe afstande, ouderdomme en punte sal die minimum vereistes (omtrent die punte) om te kwalifiseer vir die spanne na Oudtshoorn en SA’s later bepaal word nadat ons meer inligting /uitslae het om op te werk.
Neem asseblief kennis dat gegewe die onsekerhede rondom Covid/beskikbaarheid van fasiliteite hierdie beplande reëlings aan verandering onderworpe is.
Kontak my assblief indien iets onduidelik is of as meer inligting verlang word.
Len Symington
082 875 2257