Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.
TERUGVOER NA DIE SA KAMPIOENSAKPPE VAN 2024 IN BLOEMFONTEIN
Beste Tweekampers
So is die 2023/24 Tweekamp seisoen toe ook Saterdag afgesluit met die SA Kampioenskappe wat in Bloemfontein gehou was en het alles oor die algemeen goed afgeloop. Ons dank word dan ook oorgedra aan Archie Markgraaf en die Vrystaat se komitee vir al die harde werk. Ek wil dan ook die Boland ouers bedank wat daar gehelp het as beamptes.
Read more: TERUGVOER NA DIE SA KAMPIOENSAKPPE VAN 2024 IN BLOEMFONTEIN
KENNISGEWING: Jaarlikse Algemene Vergadering van Boland Tweekamp
Hiermee word kennis gegee dat die Jaarlikse Algemene Vergadering van die vereniging vir 2023/24 gehou sal word op Vrydag 7 Junie 2024 om 18h00 vir 18h30. Dit sal in Wellington gehou word by die perseel van Paarl-Vallei Bottelering (waar dit ook verlede jaar gehou was).
Beste Tweekampers
Ons is bevoorreg om nog ’n suksesvolle jaar agter die rug te hê. Ons wil egter die jaar op ’n gepaste wyse afsluit en beplan vir die nuwe jaar.
Die kennisgewing, agenda en ander dokumente vir ons Algemene Jaarvergadering op 7 Junie 2024 is ook op die webwerf. Die verrigtinge sal begin met die vergadering, gevolg deurerkenning aan die presteerders van die seisoen en daarna sal ons lekker saam kuier en iets ligs eet.