Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.

KENNISGEWING:  Jaarlikse Algemene Vergadering van Boland Tweekamp

Hiermee word kennis gegee dat die Jaarlikse Algemene Vergadering van die vereniging vir 2023/24 gehou sal word op Vrydag 7 Junie 2024 om 18h00 vir 18h30. Dit sal in Wellington gehou word by die perseel van Paarl-Vallei Bottelering (waar dit ook verlede jaar gehou was).

  1. Alle mosies wat op die Jaarlikse Algemene Vergadering bespreek moet word, moet skriftelik per  e-pos aan symingtonl@pvbm.co.za en symingtons@adept.co.za gestuur word, nie later nie as Vrydag  31 Mei 2024.
  1. Die volgende lede het stemreg by die vergadering (indien dit nodig sou wees):
    • Een ouer van elke geaffilieerde junior atleet
    • Elke geaffilieerde senior en veterane-groep atleet
    • Een verteenwoordiger van elke geaffilieerde skool
  1. Nominasies vir die bestuur moet ook skriftelik per e-pos gestuur word na bogenoemde e-pos adresse nie later nie as Dinsdag 28 Mei 2024. Nominasies moet ook deur die genomineerde en ‘n sekondant onderteken wees.  Enige stemgeregtigde of iemand wat ‘n bydrae tot die bevordering van Tweekamp kan maak, kan genomineer word.
  1. Die agenda van die vergadering is soos volg:
  2. Verwelkoming.
  3. Presensielys.
  4. Bevestiging van afgevaardigdes se geloofsbriewe.
  5. Lees van die kennisgewing wat die Jaarlikse Algemene Vergadering vir 2024 belê.
  6. Voorlegging en bekragtiging van die notule van die vorige AJV.
  7. Voorlegging, bespreking en aanvaarding van die Voorsitter se jaarverslag
  8. Voorlegging, bespreking en aanvaarding van die finansiële verslag.
  9. Bespreking van mosies ontvang.
  10. Bekendmaking van die uitstaande atlete van die afgelope seisoen.
  11. Verkiesing/bevestiging van ‘n Bestuur vir die volgende jaar.
  12. Afsluiting.

U teenwoordigheid en samewerking sal opreg waardeer word.

Tweekampgroete,

Mariana Symington

3 Mei 2024

 

 

 

Go to top