Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.

3 Mei 2024

Beste Tweekampers

I.S. JAARLIKSE ALGEMENE VERGADERING 2023/24

Ons is bevoorreg om nog ’n suksesvolle jaar agter die rug te hê. Ons wil egter die jaar op ’n gepaste wyse afsluit en beplan vir die nuwe jaar.

Die kennisgewing, agenda en ander dokumente vir ons Algemene Jaarvergadering op 7 Junie 2024 is ook  op die webwerf. Die verrigtinge sal begin met die vergadering, gevolg deurerkenning aan die presteerders van die seisoen en daarna sal ons lekker saam kuier en iets ligs eet.

Die vergadering sal, soos in 2023, op die perseel van Paarl-Vallei Botteleringsmaatskappy gehou word, wat net buite Wellington geleë is. Indien u onseker is laat weet ons dan sal ons’n pin deurgee.

Laat weet asseblief vir Mariana Symington by 082 807 5887 voor Woensdag   4 Junie 2024  of u die vergadering gaan bywoon sodat ons die nodige reëlings kan tref. 

Alle bestaande bestuurslede is weer beskikbaar. Na aanleiding hiervan en die opening wat die vorige seisoen ontstaan het, is daar dan nog ’n opening op die bestuur. Ons sal dit baie waardeer indien ons nominasies hiervoor kan kry. Soos almal seker al gesien het is dit maar harde werk en is dit hoofsaaklik om byeenkomste orderlik en stiptelik aan te bied. Ons sal dit ook waardeer as ons iemand op die komitee kan kry wat spesifiek kan kyk na die bemarking van Tweekamp.

Onnodig om uit te wys dat ons bekwame en bereidwillige mense nodig het om op die komitee te dien om te verseker dat ons Tweekamp in die Boland volhoubaar kan beoefen. Indien u bereid is om op die komitee te dien of van iemand weet wat bereid is, kontak my asseblief of gebruik die aangehegte nominasiebrief om dit te doen.

Tweekampgroete.

Len Symington

Voorsitter

Go to top