Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.

NOTULE BOLAND TWEEKAMP JAARLIKSE ALGEMENE VERGADERING WAT GEHOU IS OP 19 MEI 2023 IN WELLINGTON

 

VERWELKOMING

Len Symington verwelkom almal by Boland Tweekamp se AJV vir die 2022/23 seisoen.

Hy dui aan dat vergaderings oor die algemeen maar nie te opwindend is nie maar dat dit ongelukkig formeel hanteer moet word. Hy versoek almal om te help om dit so vinnig en effektief as moontlik te kan doen.

Coenie van Vuuren open die vergadering met gebed.

PRESENSIELYS

Almal word versoek om seker te maak dat hulle die presensielys ingevul het.

VERSKONINGS

  • Ruzanne Le Roux en kinders
  • Willem-Pierre Viljoen
  • Johannes Adendorf
  • Franci Engelbrecht
  • Nieuwoudts                                                              

BEVESTIGING VAN PERSONE WAT WIL STEM SE STATUS

Aangesien geen mosies voorgelê is nie sal dit dus nie nodig wees om te stem nie.

LEES VAN DIE KENNISGEWING VAN DIE AJV

Mariana Symington lees die kennisgewing omtrent die vergadering wat uitgestuur was op die webwerf voor die vergadering ter wille van volledigheid.

LÊ NOTULE VAN VORIGE AJV VOOR

Die notule van verlede jaar se AJV was op die werbwerf geplaas. Len dui aan dat hy dit as gelese beskou en verneem of daar enige punte is wat iemand wil bespreek. Geen verdere bespreking vind hieromtrent plaas nie en die notule word so aanvaar.

Voorsteller – Dirk Malan

Sekondant – Ilse Beukman

VOORLÊ VAN VOORSITTER SE JAARVERSLAG

Len  hou die jaarverslag voor aan die vergadering. Geen verdere bespreking hieromtrent vind plaas nie en die verslag word so aanvaar.

Voorsteller – Liezel Wessels

Sekondant – Marco Prinsloo

VOORLÊ VAN FINANSIËLE VERSLAG

Len hou die finansiële syfers voor aan die vergadering. Afskrifte is beskikbaar vir die wat daarna in detail wil kyk.

Oor die algemeen is Boland Tweekamp se finansies goed en word dank veral aan Coenie Slabbert oorgedra vir al die harde werk wat hy insit.

Geen verdere gesprek hieromtrent vind plaas nie en die verslag word so aanvaar.

  • Voorsteller – Mariaan Malan
  • Sekondant – Coenie van Vuuren

HANTERING VAN MOSIES

Ons het geen mosies ontvang nie.

ERKENNING AAN PRESTEERDERS

Die volgende erkennings word  gegee:

Beste vordering dogters/dames – Jani van der Merwe- D/9 van Laerskool Olifantsvallei.

  • Eerste byeenkoms – 1929 punte en kry by SA’s 2029 punte – verbeter met 100 punte
  • Haar eerste byeenkoms in Worcester het sy ‘n 1.51.75 gehardloop en ’n 1.05.45 geswem
  • By SA’s hardloop sy ‘n 1.40.90 en swem ‘n 49.70

Beste vordering seuns/mans – Marais Basson  - S/9 van Curro Langebaan

  • Eerste byeenkoms teken hy 1,885 punte aan en by SA’s kry hy 2,049 punte - verbeter met 139 punte
  • Sy eerste byeenkoms in Hermanus hardloop hy 1.29.28 en swem 1.19.53
  • By SA’s hardloop hy ‘n 1.20 en swem ‘n 55.4  - omtrent 25 sekondes vinniger in swem

Beste O/17 Seunsspan

  • Hoërskool Hopefield  - Ruben de Lange en Eric Slabbert

Beste Laerskole span – Laerskool Paarl Gimnasium

Was die wenners tydens die Interprovinsiale byeenkoms in Oudtshoorn in Februarie, hulle wen die laerskole kompetisie tydens die Boland Kampioenskappe en eindig ook 4de by die SA kampioenskappe in Stellenbosch. Ongelukkig was van hulle O/15 spanlede nie beskikbaar vir SA’s nie as gevolg van ander sportaktiwiteite en het dit hulle ongelukkig baie negatief beïnvloed.

Beste Hoërskoolspan – Paarl Boys High

Die span wen die silwer medalje by die Boland Kampioenskappe en gaan van krag tot krag en wen die goue medalje by die SA Kampioanskappe in Stellenbosch en word so die 2023 Hoërskole SA Tweekampkampioene.

Meeste punte in seisoen

Verdeel dit die jaar in 2 kategorieë

  • Een vir Juniors – O/8 tot O/19 – De Wet Bartman
  • Een vir Seniors - 20 tot bo 70 – Mariaan Malan

Die atlete wat die eer kry is gewoonlik die wat alle byeenkomste doen en dan ook goeie tye moet behaal om sodoende die meeste punte bymekaar te maak in ’n seisoen.

Die jaar het ons 7 liga byeenkomste gehou asook die Inter Provinsiaal in Oudtshoorn en die SA’s in Stellenbosch.

Wat die juniors betef was daar net 2 Bolanders wat al die byeenkomste gedoen het m.a.w 9 byeenkomste en hulle is Mieke Burger en De Wet Baartman,  die een het

  • 18,449 en die ander een 18,521 punte - so net 72 punte verskil

Wat die seniors betref met 18,844 is Mariaan Malan weer 2023 se wenner

Bes verteenwoordigende skool –Beste Tweekamp skool

Hierdie prys  word vir die 11 de jaar toegeken. Dit gaan aan ‘n skool wat by Boland Tweekamp geaffilieer is en wie se leerders deur die seisoen die meeste punte verdien het tydens

al die byeenkomste wat deur Boland Tweekamp aangebied  is. Dit is die trofee waaraan ons as Boland Tweekamp  bestuur baie waarde heg aangesien die wenners hiervan uiteraard:

  • by Boland Tweekamp moet affilieer
  • baie leerders betrokke kry by Tweekamp
  • dan sorg dat hulle aan baie byeenkomste deelneem.

Die jaar was daar 3 skole wat sterk meegeding het. Een van hulle is relatief ’n nuwe toetreeder en het baie goed presteer.

  • Die 3 skole is:
  • Ruens Kollege - Bredasdorp
  • Laerskool Paarl Gimnasium
  • Laerskool Olifantsvallei op Citrusdal
  • Olifantsvallei – 26 atlete
  • Ruens Kolledge - 34 atlete
  • Laerskool Paarl Gimnasium – 41 atlete

Die spanne eindig dan met die volgende punte:

  • Olifantsvallei – 224,289
  • Ruens Kollege- 277,212
  • Laerskool Paarl Gimnasium - 422,275 is dan die wenners vir 2023

Ere Kleure

Boland ere-kleure word aan ‘n atleet gegee nadat so iemand aan 3 SA Kampioenskappe deelgeneem het en ‘n sekere standaard gehandhaaf het.

Kwalifiseerders vir Boland Ere-Kleure – 2022/23

  • Liani Nieuwoudt
  • Mienke Kempen
  • Helende Kemp
  • Sumari Bester
  • Renso de Wet
  • Tiaan Walters
  • Zian Naude
  • Janco Fourie
  • Dommonique Forte
  • Gareth Haarhoff
  • Willem- Pierre Viljoen

 

Beste Atlete van die seisoen

Hierdie wenners was bepaal deur die beste prestasie by die SA Kampioenskappe wat op 1 April in Stellenbosch gehou was. Hulle is dan ons top presteerders die jaar.

Die ouerdomme is in drie afdelings:

  • Juniors – O/9 tot O/15
  • Seniors – O/17 tot 20-22
  • Veterane – 23+

In elkeen van die afdelings is daar dan ’n Victor en Victrix Ludorum:

  • Junior Victor Ludorum - Jordaan Stemmet – 2,110.05 - Brons
  • Junior Victrix Ludorum - Zané Esterhuizen – 2101.73- Brons
  • Senior Victor Ludorum - Wim Treurnicht – 2,102.49 - Goud
  • Senior Victrix Ludorum - Mila Prinsloo – 2,107.88 -mis brons met .22
  • Veterane Victor Ludorum - Coenie Slabbert – 2134.09 - Brons
  • Veterane Victrix Ludorum - Ilse Beukman – 2,129.79 – mis brons met 5 punte

 

Erkenning aan ons Tweekampers wat al meer as 10 SA Kampioenskappe bygewoon het;

Die jaar is daar een nuwe deelnemer wat by die uitsonderlike groep aansluit en die mylpaal behaal. Jana Wessels word baie geluk gewens hiermee.

 

Sy sluit haar aan by die ander 12 Bolanderswat al die mylpaal behaal het naamlik:

  • Suzaan Broodryk -10
  • Marie van der Merwe – 10
  • Heleen Malan -10
  • Eben Kruger – 11
  • Annereen Malan -11
  • Burger Symington – 13
  • Liezel Wessels -13
  • Mariaan Malan -14
  • Eric Parker - 15
  • Coenie Slabbert - 15
  • Ilse Beukman -16
  • Coenie van Vuuren – 28 net by Boland – met al sy ander by WP en Griekwas trek hy in die 40

 

Spesiale dankies

Spesiale dankie sê aan ons beamptes vir hulle bydrae tot die sukses van Tweekamp in die Boland.

 

Len bedank ook vir Hennie Volschenk vir al die harde werk en moeite wat hy doen met die afrigting van Tweekamp deelnemers.

 

Hy bedank ook weer vir Eloise le Roux en Johannes Adendorff  vir hulle spesiale bydraes om ons byeenkomste so suksesvol aan te bied.

 

Boland handdoeke word aan Annelie Wessels, JT Burger en Marli Slabbert oorhandig as ’n blyk van waardering vir al hulle moeite.

 

VERKIESING VAN BESTUUR

Len dui aan dat ons ongelukkig afskeid moet neem van Surien van Litsenborgh wat as gevolg van onder andere werksdruk nie weer op die komitee kan dien nie.

 

Hy bedank haar in haar afwesigheid en ook vir Bertie wat baie gehelp het tydens die afgelope seisoen.

 

Die volgende bestuur is verkies vir 2023/24

  • Voorsitter – Len Symington
  • Onder-Voorsitter – Dirk Malan
  • Tesourier – Coenie Slabbert
  • Seketaresse – Mariana Symington
  • Addisionele Lede :
  • Coenie van Vuuren
  • Mariaan Malan
  • Marli Slabbert
  • Annelie Wessels
  • JT Burger

Die persone word dan so as bestuur vir Boland Tweekamp vir die nuwe seisoen aanvaar.  Len versoek weer dat as iemand van iemand weet wat sterk is in bemarking en promosie sal hy dankbaar wees as so iemand se naam deurgegee kan word.

Len bedank die ou komitee vir al hulle harde werk gedurende die seisoen.

AFSLUITING

Len bedank almal wat die moeite gedoen het om by die vergadering te wees, veral ook rondom al die ander aktiwiteite wat die volgende dag gebeur.

Hy dui aan dat hy uitsien na die nuwe seisoen en glo en vertrou dat dit weer goed sal gaan. Hy versoek almal om saam te werk om Boland Tweekmap nog sterker en beter te maak.

Hy bedank laastens vir Mariana Symington vir al haar harde werk met die voorbereidings vir die vergadering en afsluitingsfunksie.

Die vergadering verdaag om 19h30 waarna almal lekker saam kuier.

M Symington

Go to top