Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.
Jaarlikse Algemene Vergadering van Boland Tweekamp
Hiermee word kennis gegee dat die Jaarlikse Algemene Vergadering van die vereniging vir 2021/22 gehou sal word op Vrydag 27 Mei 2022 om 18h00 vir 18h30. Dit sal in Wellington gehou word by die perseel van Paarl-Vallei Botteleringsmaatskappy (waar die 2017 prysuitdeling en funksie was met die SA’s). Die pin hiervoor sal aan die mense gestuur word wat aandui dat hulle die vergadering gaan bywoon.
Beste Tweekampers,
Ons was bevoorreg om die afgelope jaar weer Tweekamp aan die gang te kon kry. Ons moet egter die jaar afsluit en beplan vir die nuwe jaar.
Die kennisgewing, agenda en ander dokumente vir ons Algemene Jaarvergadering op 27 Mei 2022 is ook op die webwerf. Ons is dankbaar dat ons weer die vergadering sal kan hou soos in die verlede. Die verrigtinge sal begin met die vergadering, dan sal erkenning aan die presteerders van die seisoen gegee word en dan sal ons na die tyd lekker saam kuier en iets ligs eet.
DIE NOTULE VAN DIE BOLAND TWEEKAMP JAARLIKSE ALGEMENE VERGADERING WAT GEHOU IS OP 30 NOVEMBER 2020 IN DIE PAARL
VERWELKOMING
Len Symington verwelkom almal by die Algemene Jaarvergadering vir die 2019/20 seisoen. Hy dui aan dat soos almal weet is alles erg ontwrig deur die Covid pandemie. Na aanleiding hiervan word die vergadering dan nou eers gehou en in ‘n hele ander formaat as waaraan ons gewoond is. Hy bedank almal dat hulle tyd kon afstaan om die vergadering by te woon. Ongelukkig is daar sekere formaliteite wat by so ‘n vergadering afgehandel moet word en hy doen ’n beroep op almal om te help om dit so vinnig en effektief as moontlik af te handel.
Nominasies vir bestuurslede - Boland Tweekamp vir die jaar 2022/2023