Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.

BRIEF AAN JAV - 14 APRIL 2023

Beste Tweekampers,

JAARLIKSE ALGEMENE VERGADERING 2022/23

Ons was bevoorreg om nog ’n suksesvolle jaar agter die rug te kry. Ons moet egter die jaar afsluit en beplan vir die nuwe jaar.

Die kennisgewing, agenda en ander dokumente vir ons Algemene Jaarvergadering op 19 Mei 2023 is ook  op die webwerf. Die verrigtinge sal begin met die vergadering, dan sal erkenning aan die presteerders van die seisoen gegee word en dan sal ons na die tyd lekker saam kuier en iets ligs eet.

Die vergadering sal op die perseel van Paarl-Vallei Botteleringsmaatskappy gehou word wat net buite Wellington geleë is (waar dit ook verlede jaar gehou was). Indien u onseker is laat weet ons dan sal ons ’n pin deurgee.

Laat weet asseblief vir Mariana Symington by 082 807 5887 voor Woensdag   17 Mei 2023  of u die vergadering gaan bywoon sodat ons die nodige reëlings kan tref.  Onthou ons benodig ‘n kworum van 15 lede  vir die vergadering.

Alle bestaande bestuurslede behalwe Surien van Litsenborgh is weer beskikbaar. Na aanleiding hiervan het ons dan ’n opening op die bestuur. Ons sal dit baie waardeer indien ons nominasies hiervoor kan kry. Soos almal seker al gesien het is dit maar harde werk en is dit hoofsaaklik om byeenkomste orderlik en stiptelik aan te bied. Ons sal dit ook waardeer as ons iemand op die komitee kan kry wat spesifiek kan kyk na die bemarking van Tweekamp.

Onnodig om uit te wys dat ons bekwame en bereidwillige mense nodig om op die komitee te dien om te verseker dat ons Tweekamp in die Boland volhoubaar kan beoefen. Indien u bereid is om op die komitee te dien of van iemand weet wat bereid is, kontak my asseblief of gebruik die aangehegte nominasie dokument om dit te doen.

Tweekamp groete.

Len Symington

Voorsitter

 

Go to top