DATUM: Saterdag 17 Januarie 2027
PLEK: Hoërskool Paarl Gimnasium (Grasbaan en 25 meter swembad)
TYD : 07:45 - 08:30 - Aanmeld/Inskrywings en ander admin
08:45 - Uitsit van eerste uitdunne
09:00 - Byeenkoms begin
± 30 min na hardloop - Swem
Skryf in voor Woendag 14 Januarie 2026 om 17:00 deur:
Die inskrywings vir die byeenkoms by Hoërskool Paarl Gimnasiun is nou oop.
Die inskrywings moet verkieslik op die webwerf gedoen word volgens bogenoemde instruksies.
Indien u nie toegang tot die internet het nie of probleme ondervind om in te skryf op die internet, kan dit per e-pos na bogemoemde adres gedoen word voor 17h00 op 14 Januarie 2026! Dit is belangrik om u naam, van, geslag, geboortedatum, ID nommer aan te dui en ook SA nommer vir die wat alreeds geaffilieer is.
Die spanne vir Oudtshoorn is alreeds gefinaliseer. Vir deelnemers wat nog nie 3 byeenkomste gedoen het nie, is dit dan ook die laaste geleentheid om dit te kan doen om sodoende vir die span na SA’s te kwalifiseer. Verder is dit ’n goeie geleentheid vir almal wat Oudtshoorn toe gaan om goeie oefening in te kry.
Die meeste van die klere wat vir Oudtshoorn bestel is kan ook by die byeenkoms afgehaal word.
Soos u weet het ons beamptes en tydhouers nodig.
Boland is mede verantwoordelik vir die aanbied van Oudtshoorn se Interprovinsiale byeenkoms op 7 Februarie 2026. Na aanleiding hiervan gaan ons dan heelwat beamptes daar benodig aangesien ons ten minste 30% van die beamptes moet voorsien. Op die inskrywing sal daar dan 2 velde wees om aan te dui of daar gehelp kan word as beamptes.
Vir die wat nie op 17 Januarie by Gimnasium deelneem nie maar wel Oudtshoorn toe gaan, kontak my dan asseblief dan sommer direk hieroor indien u beskikbaar is.
Ek wil dan weer ’n beroep op almal doen om te hiermee te help en dat ons nie net van ’n paar staatmakers afhanklik moet/kan wees nie. Ek is van mening dat almal in ‘n mate ’n rol hier moet speel.
Kontak my asseblief indien iets onduidelik is of as meer inligting verlang word.
Tweekamp groete
Len Symington