Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.
DATUM: Saterdag 21 Januarie 2023
PLEK: Hoërskool Paarl Gimnasium (Grasbaan en 25 meter swembad)
TYD : Aanmeld/Inskrywings en ander admin - 07:15 - 08:15
Uitsit van eerste uitdunne - 08:20
Byeenkoms begin - 08:30
Swem ± 30 min na hardloop
Spanne word aangekondig by die atletiekbaan - ±12:30
Skryf in voor Dinsdag 17 Januarie 2023 om 19:00 deur:
Aangesien die eerste byeenkoms aangebied word kort nadat die skole heropen het, gee ons die inligting hieromtrent voor die tyd deur. Alle reëlings is uiteraard onderhewig aan wat verder met Covid gebeur.
Die inskrywings vir die byeenkoms by Hoërskool Paarl Gimnasiun is nou oop. Dit bly nog elkeen se verantwoordelikheid om nie op te daag by die byeenkoms indien daar enige Covid verwante simptome is.
Aangesien daar baie administrasie by dié byeenkoms betrokke is en die spanne gekies moet word vir die Interprovinsiale byeenkoms in Oudtshoorn, is dit ‘n vereiste dat daar vooraf ingeskryf word. M.a.w geen laat inskrywings word aanvaar nie en die inskrywings sluit Dinsdag 17 Januarie om 17h00. Skryf asseblief so vroeg as moontlik in en moet nie wag tot Dinsdag 17 Januarie 2023 nie. Dit sal ons baie help met die finalisering van reëlings en administrasie!
Die inskrywings moet verkieslik op die webwerf gedoen word volgens die vorige instruksies.
Indien u nie toegang tot die internet het nie of probleme word ondervind om in te skryf op die internet, dan kan dit per e-pos na bogemoemde adres gedoen word (dit moet dan ook uiteraard voor die sluitingstyd op Woensdag wees). Dit is belangrik om u naam, van, geslag, geboortedatum, ID nommer en beskikbaarheid vir Oudtshoorn aan te dui en ook SA nommer vir die wat alreeds geaffilieer is. Dit moet ook voor 19h00 op 17 Januarie 2023 gedoen word!!!!
Die inskrywings sluit om 17h00 op Dinsdag 17 Januarie 2022 soos bo aangedui. Daarna sal die webwerf jou nie meer toelaat om in te skryf nie en sal ‘n “fout” boodskap gegee word. Ander inskrywings na die tyd sal ook nie oorweeg word nie.
Dié byeenkoms word gebruik vir die kies van die spanne om aan die interprovinsiale byeenkoms in Oudtshoorn op 4 Februarie 2023 te gaan deelneem. Die volgende is baie belangrik:-
- Meer detail oor die opsies, koste van die verblyf en ander belangrike inligting word in die algemene inligtings dokument oor Oudtshoorn vervat, wat ook op die webwerf is. Kyk asseblief daarna aangesien dit uiteraard belangrik is vir die besluit om wel deel te neem!
Neen asseblief weer kennis daarvan dat die spanne wat na Oudtshoorn gaan is ’n A, B en ’n Ontwikkelingspan is. Dit is nie ’n Bolandspan/ne nie. Die Bolandspan word gekies om Boland tydens die SA Tweekamp Kampioenskappe te verteenwoordig (wat die jaar in Stellenbosch deur WP Tweekamp aangebied word op 1 en 2 April 2023).
Soos u weet het ons beamptes en tydhouers nodig. Met dié groot byeenkoms is dit nog belangriker aangesien daar 2 tydhouers by die swem moet wees en daar ook baie ander administrasie is wat baie vinnig afgehandel moet word. Dui dus asseblief sommer op die inskrywing aan indien u gaan/kan help.
Baie dankie aan die klomp ouers en onderwysers wat sover al gehelp het as beamptes en tydhouers.
Kontak ons asseblief indien iets onduidelik is of as meer inligting verlang word.
Tweekamp groete
Len Symington
082 875 2257