Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.
VERDERE INLIGTING OOR DIE SEISOEN
Beste Tweekampers
Soos ek in my skrywe van 6 Januarie aangedui het, sal ons kyk hoe die Covid aangeleentheid ontvou en watter regulasies deur die regering verder ingestel/verander word.
Soos almal weet het die President die inperkings op vlak 3 verder verleng met ‘n paar toegewings wat meer spesifiek van toepassing is op die verandering van die aanklokreël, verkoop van alkohol ensovoorts. Verder is al die ander inperkings nog van krag.
Ons as komitee het uiteraard weer hieroor besin en na aanleiding hiervan sal die beplande byeenkomste vir 13 en 20 Februarie 2020 dan ook afgestel moet word. In praktyk beteken dit dan basies dat die seisoen verby is.
Niemand weet werklik wat die toekoms inhou met Covid nie. Ons sal egter gedurig die situasie evalueer en dan daarvolgens beplan en handel.
Kom ons bly positief oor die toekoms. Al wat ons kan doen is om te bly oefen en glo en vertou dat dinge beter sal word. Soos ons almal weet sal dit egter nie gou weer na normaal terugkeer nie. Na aanleiding hiervan sal ons dan ook in die toekoms dinge anders moet doen.
Indien daar enige onduidelikheid is, as meer inligting verlang word of as daar voorstelle/wysheid is, kontak my asseblief.
Vriendelike groete
Len Symington
8 Februarie 2021
TERUGVOER OOR DIE AJV EN INLIGTING TEN OPSIGTE VAN DIE 2020/21 SEISOEN
Die AJV is afgehandel op 30 November 2020. Tydens die vergadering is die nuwe bestuur vir die komende seisoen gekies en lyk as volg:-
Len Symington |
Voorsitter |
Dirk Malan |
Onder Voorsitter |
Coenie Slabbert |
Tesourier |
Mariana Symington |
Sekretaresse |
Coenie van Vuuren |
Addisionele Lid |
Mariaan Malan |
Addisionele Lid |
Marie v d Merwe |
Addisionele lid |
Marli Slabbert |
Addisionele lid |
Surien v Litsenborgh |
Addisionele lid |
Tiaan Pretorius |
Addisionele lid |
Shaun Viviers |
Addisionele lid |
Baie welkom vir die nuwe lede op die bestuur.
Read more: TERUGVOER OOR DIE AJV EN INLIGTING TEN OPSIGTE VAN DIE 2020/21 SEISOEN