INLIGTING VIR DIE 2026/27 SEISOEN
Beste Tweekampers
Ons is alweer so te sê aan die begin van die nuwe seisoen en ons sien uit daarna om dit weer aan te pak en ‘n sukses daarvan te maak.
Die volgende byeenkomste en reëls word beplan en sal toegepas word gedurende die seisoen.
Byeenkomste
|
10 Oktober 2026 |
Curro Langebaan |
|
24 Oktober |
Hugenote Hoërskool Wellington |
|
31 Oktober |
Ruens Kollege |
|
21 November |
Worcester Gimnasium |
|
28 November |
Bonnievale Hoërskool |
|
16 Januarie 2027 |
Paarl Gimnasium Hoërskool |
|
6 Februarie |
High Gate Inter- Provinsiaal - Oudtshoorn |
|
20 Februarie |
Hugenote Hoërskool Wellington – Boland Kampioenskappe |
|
3 April |
SA Kampioenskappe - Oudtshoorn |
Die vergadering was goed bygewoon deur ‘n groot groep Bolanders van verskillende ouderdomme wat lekker saam gekuier het voor en na die amptelike verrigtinge.
Die finansiële verslag en die jaarverslag van die voorsitter is so aanvaar. Die jaarverslag en die notule van die vergadering sal later op die webwerf geplaas word.
Read more: TERUGVOER NA DIE AJV VAN BOLAND TWEEKAMP WAT GEHOU WAS OP 19 JUNIE 2026 IN WELLINGTON