Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.
INLIGTING VIR DIE 2024/25 SEISOEN
Beste Tweekampers
Ons is alweer so te sê aan die begin van die nuwe seisoen en ons sien uit daarna om dit weer aan te pak en ‘n sukses daarvan te maak.
Die volgende word beplan en sal toegepas word gedurende die seisoen.
Byeenkomste
Daar is besluit om die volgende byeenkomste aan te bied/by te woon in 2024/25:
12 Oktober 2024 |
Rûens Kollege – Klipdale - Napier omgewing |
19 Oktober |
Hugenote Hoërskool Wellington |
9 November |
Worcester Gimnasium |
16 November |
Bredasdorp Laerskool |
30 November |
Curro Langebaan |
7 Desember |
Bonnievale Hoërskool |
18 Januarie 2025 |
Hoërskool Paarl Gimnasium |
1 Februarie |
Oudtshoorn (Interprovinsiale byeenkoms) |
22 Februarie |
Hugenote Hoërskool – Wellington (Boland Kampioenskappe) |
21 &22 Maart |
SA Kampioenskappe – Oudtshoorn |
Soos u sal sien is die plekke waar dit sal plaasvind, aangedui. Dit is egter voorlopig aangesien die gereedheid van die fasiliteite, veral die swembaddens, soms ‘n probleem kan wees. Ons sal egter alles binne ons vermoë doen om by die aangeduide datums/plekke te bly. Indien nie, dan sal dit betyds in die kennisgewing wat voor die byeenkoms uitgaan, aangedui word.
Om die administrasie beter te laat verloop is dit noodsaaklik dat inskrywings voor die tyd gedoen word. Die detail hiervan sal op elke byeenkoms se kennisgewing verskyn wat ook op die webwerf sal wees ‘n week voor die tyd. Ons sal weer verkies dat inskrywings via ons webtuiste gedoen word. Uitsonderings sal nog hanteer word en dit moet met my gereël word. Soos gesien kan word, dui ons twee tye aan op die kennisgewings wat uitgaan oor die beplande byeenkoms. Een vir aanmeld en een vir begin. Dit is nodig dat deelnemers voor die tyd daar is, sodat al die kontroles gedoen kan word. Indien almal op die nippertjie aankom, dan is dit onmoontlik vir ons om stiptelik te kan begin.
Verkiesing vir Bolandspanne
Daar is twee byeenkomste waarvoor ons Boland spanne kies, die eerste is die Interprovinsiale byeenkoms in Oudtshoorn en die tweede is die SA Kampioenskappe wat volgende jaar ook in Oudtshoorn sal wees. Om vir die spanne te kwalifiseer is die volgende nodig:-
Enige geaffilieerde atleet (volledig geaffilieer en betaal), wat aan ten minste 3 byeenkomste in die eerste helfte van die seisoen deelgeneem het en kwalifiseer, kan vir die A, B of Ontwikkelingspan gekies word indien hy/sy vooraf beskikbaarheid bevestig het voor die byeenkoms van 7 Desember 2024 . Die spanne na Oudtshoorn sal na die byeenkoms van 7 Desember 2024 gekies word en die stand op die ranglys sal dit bepaal. Die atlete wat dan gekies word vir die 3 spanne na Oudtshoorn sal gedurende die week van 9 tot 14 Desember gekontak word om dit te bevestig asook die deurgee van die nodige reëlings/dokumentasie
Nuwe atlete wat vanaf Januarie 2025 by Boland Tweekamp affilieer en oorweeg wil word vir die byeenkoms in Oudtshoorn moet aan die byeenkoms by Paarl Gimnasium deelneem. Indien so iemand kompeterend tye het dan sal so iemand oorweeg kan word vir die Ontwikkelingspan na Oudtshoorn. So ‘n atleet kan dan gegewe meriete, verder oorweeg word.
Vir bestaande/geaffilieerde atlete
Moet aan drie byeenkomste in die eerste helfte van die seisoen deelneem en die Bolandkampioenskappe . (hierdie reël geld net vir die kategorieë waar daar meer as 5 atlete aktief gedurende die jaar deelneem).
Indien ‘n atleet aan 3 byeenkomste deelgeneem het maar as gevolg van siekte of insluiting in ‘n ander provinsiale span nie aan die Bolandkampioenskappe kan deelneem nie, dan kan so iemand slegs oorweeg word met die voorlegging van ‘n geldige mediese sertifikaat, ander bewyse en indien so iemand nie ‘n grensgeval is nie.
Vir nuwe atlete wat vanaf Januarie 2025 by Boland aansluit
Moet aan die byeenkoms by Paarl Gimnasium, die interprovinsiale byeenkoms in Oudtshoorn en die Bolandkampioenskappe deelneem en nie ‘n grensgeval wees nie.
Dit is dus belangrik om seker te maak dat daar aan die nodige getal byeenkomste deelgeneem word soos bo aangedui aangesien beserings later in die seisoen en ander aktiwiteite ook ‘n rol kan/gaan speel.
Die volgende prestasievereistes is daargestel om vir die spanne na inter-provinsiale en SA’s byeenkomste te kwalifiseer:
Vir spanne na Oudtshoorn
Vir Bolandspan na SA’s
Die Boland Kampioenskappe word gebruik om die span vir SA’s te kies. Die eerste 4 atlete by die byeenkoms wat aan die ander vereistes voldoen en beskikbaar is, word gekies vir die span. (Uitsonderings soos bo genoem). Die 5de atleet kan op meriete of deur die bestuur aangewys word. In so ‘n geval sal die hoeveelheid byeenkomste waaraan deelgeneem was en die prestasies tydens die byeenkomste, oorweeg word. Die getal kan egter op aanbeveling en versoek van die gasheer provinsie verander word.
Persverklarings en sosiale media
Die inhoud van alle persverklarings met betrekking tot Boland Tweekamp of plaas van foto’s en gepaardgaande byskrifte oor atlete se prestasies in die media moet vooraf met die bestuur uitgeklaar word. Daar moet asseblief ook geen plasings op sosiale media gemaak word namens Boland Tweekamp nie of wat Boland Tweekamp impliseer nie.
Kleredrag
Atlete mag nie in Bolandklere by gewone byeenkomste deelneem nie. Bolandklere word by die SA Kampioenskappe en deur die A-span na die Interprovinsiale byeenkoms gedra. Atlete moet verkieslik in hul skool (of klub) se frokkies, broekies en swembroeke geklee wees by gewone byeenkomste. Skole mag hulle eie reëls oor korrekte kleredrag hê waarby atlete ook moet hou.
Inskrywing vir elke gewone byeenkoms
Atlete moet inskryf vir elke byeenkoms waaraan hulle wil deelneem. Soos alreeds genoem moet dit via die webwerf gedoen word. Atlete moet by die byeenkoms aanmeld om te bevestig dat inskrywing ontvang is. Inskrywings sluit Woensdae om 19h00 voor die Saterdag van die byeenkoms of soos op die kennisgewing aangedui.
Affiliasie en ander gelde
Let wel! Affiliasiegelde moet minstens by die tweede byeenkoms waaraan deelgeneem word, betaal word en sal R200 beloop. Van die affiliasievorms sal ook by die byeenkomste beskikbaar wees. Die vorms is egter ook op die webwerf. Dit kan dus voor die tyd ingevul word en dan net by die eerste byeenkoms ingegee word met die betaling van affiliasiegelde. Daar moet veral verseker word dat die e-pos adres en telefoonnommers reg en volledig is. Indien moontlik, betaal asseblief sommer die gelde elektronies oor met die deelnemer se naam as verwysing.
Gesinne wat 3 of meer atlete affilieer betaal R400 vir die eerste 2 atlete en daarna R50 per atleet.
Skole kan ook affilieer teen R250 per seisoen.
Ander gelde
Besoekers by ‘n byeenkoms (slegs 1 keer toegelaat) – R50.00. Dit is slegs vir nuwe deelnemers.
Besoekersgelde sal ongelukkig nie afgetrek word van jou affiliasiegelde as jy besluit om te affilieer nie. Affilieer dus sommer met jou eerste byeenkoms.Boland Tweekamp se bankbesonderhede is as volg indien direkte betalings gedoen wil word:
Bank - ABSA Paarl
Takkode - 334210
Rekening - Boland Tweekamp
Rekeningnommer - 4050 770 764
Tye waarop byeenkomste begin (oor die algemeen)
Kontroleer dat ingeskryf is 8:15 – 8:45
Hardloop begin 9:00
Swem begin Ongeveer 20 minute na voltooiing van alle hardloop-items
Hardloopvolgorde sal as volg wees maar kan ook verander word gegewe omstandighede:
Afstand |
Geslag |
Ouderdom |
|
1 |
400 meter |
Seuns/Dogters/Mans/Dames |
O/8, 9, 11, 60+ en 70+ en gestremde atlete |
2 |
800 meter |
Seuns/ Dogters/Mans/Dames |
O/13 tot 50+ |
Geen bane word geloot by ligabyeenkomste nie.
As daar min atlete in ‘n ouderdomsgroep is, kan dit volgemaak word met ‘n volgende ouderdomsgroep.
Swemvolgorde sal as volg wees maar kan ook verander word gegewe omstandighede:-
Afstand |
Geslag |
Ouderdom |
|
1 |
25 meter |
Seuns/Dogters |
O/8, |
2 |
50 meter |
Seuns/Dogters/Mans/Dames |
O/9, 11, 13, 60+,70+ en gestremde atlete |
3 |
100 meter |
Seuns/Dogters/Mans/Dames |
O/15 tot 50+ |
Geen bane word geloot by ligabyeenkomste nie en alle bane word volgemaak met dogters en seuns en dan met die volgende ouderdomsgroep.
Ons verwag dat byeenkomste ongeveer 3 ure sal duur.
Erkenning deur skole aan atlete
Aangesien die toeken van ere-kleure aan atlete wat aan tweekamp deelneem in sekere gevalle ‘n probleem vir skole is, het die bestuur besluit op die volgende aanbeveling:
- Indien ‘n atleet onder die eerste 25% van die totale deelnemers kom by die SA kampioenskappe dan verdien so iemand ere-kleure
- Indien ‘n atleet aan die SA Kampioenskappe deelgeneem het en nie onder die eerste 25% van die totale deelnemers geëindig het nie maar wel meer as 2,000 punte verdien het, dan kwalifiseer so iemand vir half-kleure.
Die nuwe groepe met hulle onderskeie vereistes om 1,000 punte te kry is ook op die webwerf.
Neem asseblief ook kennis dat reëlings onderheweig is aan verandering gegewe omstandighede
Kontak my of van die ander bestuurslede indien enige iets onduidelik is of as meer inligting verlang word.
Vriendelike tweekamp groete
L Symington
VOORSITTER