Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.
Beste Tweekampers
Soos almal weet is Tweekamp ook soos die meeste ander aktiwiteite redelik tot stilstand geruk met die Covid pandemie.
Daar was die afgelope maande baie gesprekke met SAMPA gewees om te kyk na opsies om samewerking te kry. Indien dit kan werk is daar die moontlikheid vir internasionale deelname wat hoofsaaklik deur die British Schools Biathlon Association bewerkstellig kan word.
Daar sal uiteraard nog baie water in die see moet loop om eenstemmigheid te kry aangesien hulle afstande en ouderdomme baie verskil van Tweekamp.
Daar word ‘n byeenkoms beplan vir 12 Julie 2021 in Somerset Wes by Somerset College wat as ‘n proeflopie beskou kan word om moontlike samewerking te bewerkstellig. Al die provinsies is genooi om spanne in te skryf. Aangesien Boland (soos meeste van die ander provinsies) nog geen byeenkomste die afgelope jaar gehou het nie, is daar geen maatstaf wat gebruik kan word om atlete/spanne te kies nie en is die tyd ook te min.
Daar is deur die bestuur besluit dat die wat wil en aan die vereistes voldoen, kan deelneem. Die vereistes om wel te kan inskryf is:-
Daar is nog baie onsekerhede veral ook wat vorentoe met Covid gaan gebeur. Soos ons weet kan strenger maatreëls oornag ingestel word (wat ‘n groot moontlikheid is met die groot toename in Covid gevalle).
Aangesien tyd baie teen almal is moet inskrywings ingegee word op 23 Junie 2021 (by die Provinsies wat dit gaan aanbied - OP en WP) en kan dit net deur ‘n provinsie gedoen word. Na aanleiding hiervan kan enige atleet wat aan bogenoemde vereistes voldoen inskryf deur jou besonderhede deur te gee aan my voor 21 Junie 2021 om 18h00 asook die bewys van betaling. Die atlete wat inskryf kan in hulle Boland klere of die geel hempie van Boland deelneem (vir die wat in die B-Span was). Gegewe al die protokolle rondom Covid (veral ook nou dat daar na valk 3 beweeg is) en die nuwe afstande weet ons nie werklik wat dit sal behels nie en sal ons wat ons kry, so moet aanvaar.
Die inskrywingsfooi is R400. Dit sluit R50 in wat aan SAMPA betaal moet word.
Tans is van die detail soos presies wanneer die byeenkoms sal begin nog nie uitgeklaar nie. Dit sal Maandagoggend (12 Julie) wees en die aanduiding is dat dit 09h00 sal begin. Detail hieromtrent, ander inligting en vereistes sal later deurgegee word.
Stuur asseblief inskrywings per e-pos aan symingtonl@pvbm.co.za
Die inskrywing moet as volg wees:-
Indien u alreeds by SAMPA geaffilieer is, skryf dan direk deur hulle in.
Die bankbesonderhede is:-
Neem asseblief weer kennis dat die ouderdomme en afstande verskil waaraan ons gewoond is (sien aangehegte dokument). Daar mag ook geen toeskouers by die byeenkoms wees nie. Atlete wat deelneem sal uiteraard ook nie kwalifiseer vir enige provinsiale erkenning nie.
Indien daar enige belangstelling is of as iets onseker is, kontak my asseblief spoedig.
Vriendelike groete
Len Symington