Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.
TERUGVOER NA DIE SA KAMPIOENSAKPPE VAN 2025 IN OUDTSHOORN
Beste Tweekampers
So is die 2024/25 Tweekamp seisoen toe ook Saterdag afgesluit met die SA Kampioenskappe wat in Oudtshoorn gehou was. Alles het oor die algemeen goed afgeloop. Ons dank word dan ook oorgedra aan Dave van der Walt en Eden se komitee vir al die harde werk. WP en Boland was ook nou betrokke met die reëlings en baie dankie ook vir almal wat daar betrokke was. Ek wil dan ook die Boland ouers bedank wat daar gehelp het as beamptes en al die bestuurslede wat ook betrokke was.
Boland het weer baie goed presteer en het die jaar 11 medales verower. Ons het dan die jaar ook weer 4 SA Kampioene gehad. Die volgende Bolanders het medaljes verower:-
Ons SA Kampioene en goue medalje wenners is:-
Ons Silwer medalje wenners was:-
Ons Brons medalje wenners was:-
- Jordaan Stemmet O/11
- Caleb Hough O/15
- Utah Novello – Junior Dames
- Kailin Kotze – Junior Mans
- Mariaan Malan – Dames 50+
Die volgende Bolanders het die medaljes net gemis en in die 4 de plek klaar gemaak:-
Baie geluk aan hier individuele presteerders en aan al die ander atlete. Ons is baie trots op julle.
Wat die span kompetisies betref het Boland die junior afdeling gewen, algeheel tweede gekom en in die skole kompetisie was die Laerskool Paarl Gimnasium die wenners.
Baie geluk aan al ons junior atlete en aan die Gimmies.
Dit bring ons dan aan die einde van die seisoen. Baie dankie vir al julle ondersteuning om Tweekaamp effektief in die Boland te bedryf en ook veral met julle stiptelikheid en hulp die afgelope naweek in Oudtshoorn.
Ons sal deur die jaar almal op hoogte hou van verwikkelinge en sal soos in die verlede, hoofsaaklik die Boland Tweekamp webwerf gebruik vir kommunikasie hieromtrent.
Die datum van die Algemene Jaarvergadering, prysuitdeling en afsluiting sal ook binnekort gefinaliseer en deurgegee word. Kommunikasie hieromtrent sal dan ook via die Boland webwerf en bestaande WhatsApp groepe gekommunikeer word.
Weereens baie dankie vir almal se hulp en ondersteuning.
Vriendelike groete
Len Symington
24 Maart 2025