Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.
TERUGVOER NA DIE SA KAMPIOENSAKPPE VAN 2024 IN BLOEMFONTEIN
Beste Tweekampers
So is die 2023/24 Tweekamp seisoen toe ook Saterdag afgesluit met die SA Kampioenskappe wat in Bloemfontein gehou was en het alles oor die algemeen goed afgeloop. Ons dank word dan ook oorgedra aan Archie Markgraaf en die Vrystaat se komitee vir al die harde werk. Ek wil dan ook die Boland ouers bedank wat daar gehelp het as beamptes.
Read more: TERUGVOER NA DIE SA KAMPIOENSAKPPE VAN 2024 IN BLOEMFONTEIN
NUUTSTE INLIGTING TEN OPSIGTE VAN DIE SA TWEEKAMP KAMPIOENSKAPPE IN STELLENBOSCH OP 31 MAART EN 1 APRIL 2023
Neem asseblief deeglik kennis van die volgende:-
As gevolg van die gradeplegtigheid van die Universiteit het hulle die reëlings van die WP baie bemoeilik en is daar weer op laat kennisgewing veranderinge aangebring. Toegang kan eers laat verkry word na die atletiekstadion.
Niemand sal toegelaat word om die atletiekarena voor 14h15 te betree nie. Aangesien Boland geskeduleer is om 14h30 die spanfoto te neem sal almal dan asseblief vinnig moet aanmeld vir die foto. Die foto sal op die pawiljoen geneem word aan die wenpaal se kant. Meld dus sommer dan daar aan wanneer toegang verkry is. Almal wat op die foto wil wees moet dan verseker dat hulle, hulle klere betyds afgehaal het. Die kleredrag vir die foto is die Bolandfrokkie en broekie. Dit is ook die drag vir die opening seremonie. Die wat nog nie hulle Boland klere afgehaal het nie moet dan reëlings tref met Mariana op 082 807 5887.
Beste Tweekampers
So, is die 2021/22 Tweekamp seisoen toe ook Saterdag afgesluit met die SA Kampioenskappe wat in Port Elizabeth gehou was.
Soos maar die geval is met sulke groot geleenthede, het dit sy uitdagings gehad. Oor die algemeen is ek van mening dat die positiewe darem die meeste was.
OPDATERING: REËLINGS VIR DIE SA TWEEKAMP KAMPIOENSKAPPE IN PORT ELIZABETH OP 1 EN 2 APRIL 2022
Beste Tweekampers
Met net so 2 weke oor voor die SA’s in Port Elizabeth gee ek net weer ‘n paar belangrike reëlings deur:
Die SA Kampioenskappe word op Saterdag, 2 April 2022 in Port Elizabeth gehou.
Die opening en hardloopitems word by die Westbourne Oval gehou en die swemitems by die Newton Park swembad.
The price giving and the function will also be held at the Westbourne Oval on Saturday.
OP Tweekamp beplan om ‘n baie feestelike atmosfeer by die Westbourne Oval vir die 2 dae te skep, met baie aktiwiteite wat daar aangebied sal word. Ondersteun hulle asseblief!
DATUM - SATERDAG 26 FEBRUARIE 2022
PLEK - HOËRSKOOL HUGENOTE WELLINGTON – GRASBAAN EN 25 METER SWEMBAD
AANMELDTYD : 07:15 – 08:15
UITSIT VAN UITDUNNE (ONDER 8 en 9’s) : 08:20
HARDLOOP BEGIN : 08:30
BAIE BELANGRIK TEN OPSIGTE VAN INSKRYWINGS
Inskrywings sluit Dinsdag 22 Februarie 2022 om 19:00 deur:
Inskrywings kan van vandag af gedoen word. Maak seker dat dit liewer te vroeg as te laat is.
Read more: Kennisgewing - Bolandkampioenskappe 26 Februarie 2022