Besoek www.sacronavirus.co.za vir meer inligting.

Goeie nuus! - Toeskouers nou weer toegelaat.

Beste Tweekampers

Ons het goeie nuus gekry. Die nuutste toegewing is dat daar tot 2,000 mense by sportbyeenkomste kan wees as dit buite is en tot 750 as dit binne is.

Na aanleiding hiervan gaan ons dan by die komende naweek se byeenkoms in Langebaan toeskouers toelaat.

Dit sal nog steeds aan die volgende maatreëls onderworpe wees:-

  • Niemand wat enige Covid simptome het moet eers naby die skool kom nie
  • Almal sal buite moet parkeer en per voet die gronde betree
  • Almal sal hulle hande moet saniteer as hulle by die gronde ingaan
  • Almal sal maskers moet dra.
  • Atlete kan dit afhaal wanneer hulle opwarm en aan wedlope/swem deelneem maar moet dit so gou as moontlik daarna weer opsit.
  • Sosiale afstand van ten minste 1.5 meter moet ten allle tye gehandhaaf word
  • By die swem se opwarming sal net swemmers en beamptes toegelaat word aangesien die swembad binnehuis is
  • Daarna sal net die uitdun wat deelneem se toeskouers toegelaat word

Ek sien dat met die inskrywings in die nuwe ouderdomsgroepe daar nog onsekerheid is aangesien deelnemers nie in die regte ouderdom ingeskryf het nie. Na aanleiding hiervan sal almal asseblief dan net seker moet maak met aanmeld Saterdag in watter ouderdom deelgeneem moet/gaan word.

By voorbaat dankie vir almal se begrip en samewerking in die verband.

Kontak my asseblief indien iets onduidelik is of as meer inligting verlang word.

Vriendelike groete

Len

Go to top